TYGIELAND-KULTUUR


Elke 2de jaar word ‘n Tygieland-konsert gehou. ‘n Formele gr. R-diplomaplegtigheid word jaarliks gehou. Tydens hierdie geleentheid ontvang elke gr. R ‘n skoolgereedheidsertifikaat. Tygieland is een van die min kleuterskole wat kan spog met 'n graad R-kleuterkoor. Graad R-kleuters kry elke jaar geleentheid om tydens ons Tygie-talentdag gediggies voor te dra in 'n kindervriendelike omgewing. Graad R-kleuters word ook ingeskryf vir die Pretoria Eisteddfod in die afdeling voordrag.

TYGIELAND-KOOR


Afrigter

Mev. Hester Wagner

Begeleier

Mev. Erica Kühn

Doel

Om kleuters se gehoor en intonasie reeds vanaf ‘n vroeë ouderdom te ontwikkel. Om ‘n liefde vir sang en musiek aan te wakker. “Dit is lekker by die koor!"

Oefentye

Dinsdag/Woensdag/Donderdag

Oudisies

Word vroeg in die eerste kwartaal gedoen.

Koorklere

Koorklere word jaarliks gekoop.

Optredes

Tree op by onder andere die Koorfees, Die Pretoria Eisteddfod en ander geleenthede.

EISTEDDFOD & KUNSTEFEESTE


Inskrywings word by die Eisteddfod en Kunstefeeste ten opsigte van voordrag en beeldende kunste gedoen.

Eisteddfod: Voordrag

Oudisies word vir die voordrag-afdeling gehou en gr. R-leerders word deur die skool ingeskryf.

Afrigter - Voordrag

Graad R: Mev. Charmaine Engelbrecht