SNOEPIE

SNOEPIE


Die skool se snoepwinkel is geprivatiseer. Die snoepwinkel lewer diens tydens skoolfunksies en buitekurrikulêre byeenkomste.

Leerders kan die snoepwinkel daagliks tydens eerste en tweede pouse asook ná skool besoek.

Snoepietye

Maandag tot Donderdag - 
06:30 tot skoolaktiwiteite klaar is
Vrydag - 06:30 - 14:00
Saterdag - Slegs wanneer aktiwiteite plaasvind
Leerders kan in die oggende voor skool hulle broodjies en koeldrank vir pouse OF vir na skool bestel. Die bestellings word eenkant geplaas en leerders kan die kospakkie kom afhaal en gaan speel. Leerders hoef dan nie pouse in rye te staan en wag vir kos nie.

U kan ons enige tyd skakel, selfs as leerders kosblikke by die huis vergeet het. Ons help graag om die lewe vir u makliker te maak.

Ouers is ook welkom om per WhatsApp of SMS bestellings te plaas. 
SPYSKAART KONTAK ANEL
Share by: