HOKKIE
Organiseerders
Hokkie: Graad 4 - 7
Mev. Jean-Nola Postma
Minihokkie: Graad 1 - 3
Mev. Michelle Smalberger
Doel
Om 'n liefde vir die spel aan te kweek, basiese balvaardighede aan te leer en spelstruktuur vas te lê. Die oomblik van oorwinning op die hokkieveld is te kortstondig om net daarvoor te speel
Doelwitte
Daar word gepoog om elke span in 'n sterker liga te laat speel. Spanne word toegerus met die nodige toerusting. Daar word gebruik gemaak van afrigters wat op hoogte is van die nuwe reëls, verfrissingskursusse ondergaan het en gegradeer het. Hokkieklinieke sal op 'n gereelde basis aangebied word. Hokkie is die sportsoort wat die grootste deelname het. Almal van gr. 1 tot gr. 7 neem baie gretig deel. Alle oefeninge en wedstryde word deur spelers bygewoon.