SAGTEBAL
Organiseerder
Mnr. Jonathan Werner
    
 
 E-pos Mnr. Werner 
 
 Sagtebal is ʼn opwindende sportsoort wat deur verskillende skole beoefen word. Ons is trots om te kan sê dat sagtebal geniet baie aandag en fokus by ons skool. Ons het bekwame afrigters wat die spanne afrig en neem deel aan ligawedstryde.
Ons het vier spanne: o/10A (gr. 4), o/11A (gr. 5), o/12A (gr. 6 ) en o/13A (gr. 7). 
Ons o/10 tot o/13-spanne neem in die A-bond liga deel.
Daar is ook ʼn ontwikkelingsgroep wat die basiese vaardighede aanleer om hul gereed te kry vir die spel.
Die skool is bevoorreg om oor 4 bane te beskik wat meebring dat wedstryde meestal tuis gespeel word.
Oefentye
Derde kwartaal: Dinsdae en/of Donderdae vanaf 14:00 tot 16:00
Wedstryde vind op Dinsdae en/of Donderdae plaas 
Sportklere
Die sagtebalklere word deur die spelers aangekoop by die klerewinkel.







