VCSV
Organiseerder
Me. Leanie van der Walt
Doel
Om 'n lewende verhouding met Jesus Christus te handhaaf wat lewensveranderend is.
Die Bybel te lees en in dissipelskap die opdragte van die Bybel uit te leef.
Betrokke te raak by die gemeenskapsprojekte waar geestelike of fisiese nood is.
Funksionering
Die Christenstudentevereniging se aktiwiteite vind op Vrydae gedurende tweede pouse plaas.
Video's word weekliks op die skool se sosiale media platforms gelaai.
Opleiding
Opleiding word gedoen deur bekwame opgeleide VCSV personeel wat toegerus is vir die taak.
Kringleiers word toegewys as leier van elke klas en tree as leier op in ‘n kleiner kring, waar aktiwiteite aangebied word.