SENIOR REVUE-GROEP (gr. 5-7)
Afrigters
Me. Annerine Niemand (organiseerder), me. Lené Smuts (administrasie),
me. Jana Minne, me Janine Bezuidenhout en mnr. Jonathan Werner.
Doel
Om leerders met 'n passie vir dans, musiek en vermaak 'n kans te gee om hulle kreatiwiteit te ontwikkel.
Oefentye
Kwartaal 1 en 2: Maandae 17:00 - 18:30
Kwartaal 3: Dinsdae 16:15 - 18:00
Revue-drag
Daar sal 'n kostuum vir elke lid gemaak word. Leerders moet met toepaslike oefendrag die oefeninge bywoon.
Optredes
Daar sal oefennaweke wees om te help met afronding. Kompetisies vind in kwartaal 3 plaas.


