
SKOOLURE
- Aankomstyd is vanaf 06:45 tot 07:45.
- Leerders verdaag vanaf 13:00 - 13:30.
- Wagklas is op die terrein SLEGS vir leerders wat wag vir ouer boeties en sussies in die laerskool. Ma. - Do. tot 13:55.
- Tygieland het 'n naskool eksklusief vir graad RR- en R-kleuters.
- Die naskooltye is vanaf 13:30 - 17:30.
ONS MISSIE
Om elke kind se uniekheid en karakter te (er)ken, te vorm en te bou.
Om verhoudings te bou, geleenthede te bied en boustene te lê vir elke kind se pad wat wag.
By Tygieland Kleuterskool is hier werklik ‘n plek vir elke kind!
Elke klein Tygie moet kan:
verbeel, droom en glo.......
By Tygieland ontvang ons blink-oog kindertjies! Hierdie kinders se lewes is nog ryk aan verbeelding.
Ons as personeel van die kleuterskool ontmoet die kleuters in hierdie kreatiewe verbeeldingswêreld en lei elke kind op hul ouderdomsvlak na hul unieke potensiaal.
Ons bou op die verbeelding van die kinders en brei hierdie verbeelding uit na ‘n droom...
‘n Droom vir eendag...
Ons bou dan aan elke kind se selfvertroue om te GLO dat hul in staat is om hul droom te bereik deur harde werk en die ontwikkeling van hul eie unieke talente.
Die fokus is op die ontwikkeling van die kind in geheel.
By Tygieland is dit ons verantwoordelikheid om elke kind te lei en te ontwikkel om uiteindelik skoolgereed te wees.
Skoolgereedheid staan op die volgende vier bene:
BY TYGIELAND GLO ONS IN
Tygieland-nuus
Toelatingsvereistes
Leerdergetalle
Daar is 3 gr. RR-klasse met maksimim van 25 leerders per klas en 7 gr. R-klasse met 'n maksimum van 25 leerders per klas.