VISIE & MISSIE
Visie
'n Skool met karakter, 'n skool wat 'n verskil maak
"TROTS TYGERPOORT"
Missie
Om elke kind se uniekheid en karakter te (er)ken, te vorm en te bou. Om verhoudings te bou, geleenthede te bied en boustene te lê...
vir elkeen se pad wat wag.
Skoollied
Soos die wind deur die doringbome druis
Sal die lewe in ons are bruis;
Soos die son oor die Bronberge klim
Sal die jonkheid in ons oë glim;
Soos die rotse deur die eeue torings bou
Bly ons altyd aan ons skool getrou.
Hierdie lied wil ons sing, in ons harte hulde bring
Aan ons skool Tygerpoort
Met ons harte en verstand, vir ons skool en vir ons land
Werk ons voort: DOELGERIG
Waardes
VERANTWOORDELIKHEID
Ons voer ons pligte na die beste van ons vermoëns uit en kan daarvoor rekenskap gee
RESPEK
Tygies het waardering, eerbied en ontsag vir hulle onderwysers, maats en ons natuur.
Ons is bereid om hulle te dien.
TROTS
Tygies voel gelukkig en tevrede teenoor hulle skool, maats en onderwysers
EERLIK
Tygies streef altyd na die waarheid en is opreg in alles wat hulle doen
DIENSBAARHEID
Tygies is hulpvaardig en bereid om te help waar hulle kan
OMGEE
Tygies betoon liefde teenoor hulle maats en onderwysers