TENNIS


Organiseerder

Me. Denise Bishop

E-pos Me. Bishop

Professionele Afrigter

(JLS Tennis Academy)

Mnr. Blaise Izungu 

E-pos Mnr. Izungu Skakel Mnr. Izungu

Die skool neem deel aan verskeie ligas in die 1ste- en 3de kwartaal. Ons beskik oor 14 tennisspanne en die afrigting word behartig deur ʼn professionele afrigtings-akademie. Die o/11- en o/13-tennisspanne onderneem jaarliks ʼn toer na ʼn nasionale toernooi in Bethlehem om blootstelling te geniet op die hoogste vlak. JL's Akademie bied elke kwartaal die Tygerpoort Ope aan, waar leerders kan inskryf om met mekaar te kan meeding. 

Oefentye

Ligaspanne oefen soggens soos gereël op Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae en Vrydae vanaf 06:30.
 
Rondomtalies word in die 2de- en 4de kwartaal gespeel.

Indien 'n nuwe leerder na afloop van die rondomtalies in die skool toegelaat word, kry die nuwe leerder een vry daging (binne die eerste week van die nuwe kwartaal) om ‘n posisie op die ranglys te verkry. Die nuwe leerder mag die skool se afrigter nader om ‘n evaluasie te maak van die speler se vlak van spel. Dit is dus uiters belangrik dat die organiseerder voor die aanvang van die nuwe kwartaal in kennis gestel word via e-pos indien die nuwe leerder sou wou daag. 

 

Ligawedstryde word op Maandae-middae vanaf 14:00 in die 1ste- en 3de kwartaal gespeel.