NASKOOL VAKANSIEPROGRAM
Die naskoolsentrum word deur Me. Ignatia van der Merwe (Naskoolhoof) bestuur.
KOSTE VIR DIE VAKANSIEPROGRAM: 
 
 - R150 per leerder per dag (dagbesoeker-inskrywings en nie-naskoolleerders).
 - Gratis (leerders voltyds by die naskool ingeskryf ).
 - Die inskrywingsvorms (by aflaaibare dokumente beskikbaar) en die bewys van betaling kan na mev. Marisa le Roux by skoolgeld@tygies.co.za gestuur word.
 - Alle EFT-betalings moet duidelik u 
FAMILIEKODE en 
NS VAKANSIE aandui.
 
Wat bied die Tygie-naskool se vakansieprogram vir u kind
  
- 'n Bekende, kindervriendelike omgewing met genoeg speelapparaat en speelgoed wat die kinders se ontwikkeling stimuleer.
 - Veilige terrein met streng toegangsbeheer.
 - Van die naskoolpersoneel wat vir u kind bekend is, is in beheer van die vakansieprogram en doen ook die toesig.
 - Daar sal elke dag 2 volwassenes aan diens wees.
 - Die vakansieprogram is uitsluitlik vir leerders van Laerskool Tygerpoort.
 - Vermaak en pretaktiwiteite word beplan en sal deur die personeel aangebied word.
 - Gesonde middagete, ‘n laatmiddag vrug en koeldrank asook aktiwiteite en vermaak is by die dagfooi ingesluit.
 - Vakansieprogram-ure is vanaf 
07:10 tot 17:00
 - GEEN LEERDERS MAG 
VOOR 07:10 AFGELAAI WORD NIE .
 - GEEN LEERDERS MAG 
NA 17:00 EERS AFGEHAAL WORD NIE.
 
 
MEER INLIGTING
 
- LEERDERS MOET ‘N KOSBLIK MET ‘N BROODJIE EN VERSNAPERINGE SAAMBRING.
 - Leerders moet altyd ‘n warm baadjie in hulle tasse hê.
 - Alle besittings van die leerders moet duidelik gemerk wees.
 
Vir enige navrae ten opsigte van die vakansieprogram of betalings en inskrywings kan u die volgende persone kontak:
Reëls: Vakansieprogram
 
- Die naskool sluit stiptelik om 17:00. Daar sal ‘n boete van R150 per dag gehef word vir ouers wat hulle kinders laat kom afhaal.
 - Ouers wat hul kinders voor 07:10 in die oggend aflaai, laai hul kinders op eie risiko af, omdat daar eers toesig is vanaf 7:10.
 - Geen leerder sal toegelaat word om die sentrum saam met ʼn vreemde persoon te verlaat nie.
 - Ouers moet voor-af met die personeel reël as ‘n vreemde persoon u kind gaan kom afhaal.
 - Die inskrywingsvorms sal op die skool se webblad by Inligting, aflaaibare dokumente beskikbaar wees.
 
 









