BERGFIETSRY
Organiseerder
Mev. Elske van den Berg
By Laerskool Tygerpoort is ons trots daarop om bergfietsry aan te bied – ’n sport wat avontuur, deursettingsvermoë en spantrots bevorder. Ons streef daarna om aan elke leerder die geleentheid te bied om deel te neem en hul passie vir fietsry te ontdek.
Leerders tussen die ouderdom van 7 en 14 jaar kan aansluit, en almal is welkom – elke deelnemer is deel van ons skoolspan. Oefening vind in fietsryer se eie tyd plaas, terwyl wedrenne op Saterdae gehou word.
Top 5-fietsryers, bestaande uit Sprogs en Sub-juniors, vorm na afloop van die eerste twee wedrenne die 1ste span. Ons moedig soveel moontlik leerders aan om deel te neem, want elke fietsryer dra by tot die trots van Tygerpoort.
Laerskool Tygerpoort neem jaarliks met trots aan die Gauteng-skole bergfietsry-reeks deel en volg die bepalings en regulasies van die reeks. Sou daar enige veranderinge aan die reëls wees, pas ons dienooreenkomstig aan – altyd met die doel om sportmangees, deelname en avontuur te bevorder.


