SWEM
Organiseerder
Mnr. Jean-Jacques van der Walt
By Laerskool Tygerpoort is ons trots op die toegewydheid van ons swemmers! Die fondament van ons leerders se swemsukses word gelê deur die werk wat hulle weeksdae by hul onderskeie private klubs en sweminstansies doen.
Hoewel die daaglikse afrigting buite skoolverband plaasvind, bied Laerskool Tygerpoort jaarliks vir ons swemmers 'n platform om hul talent te ontwikkel. Ons neem deel aan interskole-byeenkomste waar ons Tygies die geleentheid kry om die skool te verteenwoordig, spangees te bou en hul individuele mylpale in die swembad te vier.


