BESTUUR
ADMINISTRATIEF
KANTOORURE
Maandae tot Donderdae: 07:15 - 15:00
Vrydae: 07:15 - 13:15
FINANSIES
Mev. Esté Heydenrych
finansies@tygies.co.za
Mev. Marisa Le Roux
kantoor@tygies.co.za
Mev. Susan van Eeden
Mev. Tersia Els
tels@tygies.co.za
Mev. Katienka de Kock
admin@tygies.co.za
Mev. Karien Saayman
karien@tygies.co.za
BEHEERLIGGAAM
Die Beheerliggaam se samestelling volgens die regulasies is as volg:
- ses (6) verkose ouerverteenwoordigers
- drie (3) onderwysverteenwoordigers
- een (1) nie-doserende personeellid en die hoof (ex officio)
Die Beheerliggaam se ampstermyn is drie (3) jaar.
Die Beheerliggaam saam met die hoof as onderwysbestuurder gee oor 'n wye spektrum leiding vanuit 'n duidelike visie en missie
Die volgende belangrike substrukture funksioneer binne die Beheerliggaam, naamlik:
- die dagbestuur
- die risikobestuur & finansies
- die menslike hulpbronne en akademie
- die buitekurrikulêre aktiwiteite (sport & kultuur)
- die logistiek (fisiese fasiliteite)
- die fondsinsameling en bemarking
- die sekretariaat en administrasie
BEHEERLIGGAAM (2024 - 2027)
Die volgende portefeuljes word gekoöpteer om die Beheerliggaam in die bestuur van die skool by te staan:
DAGBESTUUR
Die primêre taak van die dagbestuur is om toe te sien dat die skool effektief funksioneer, sodat elke leerder volgens sy/haar potensiaal ontwikkel, dat kwaliteit onderrig geskied en verder hanteer hulle die dag-tot-dag-aktiwiteite.
Die volgende bestuurareas word spesifiek deur die dagbestuur hanteer, naamlik die:
- Akademiese beplanning wat kwaliteit onderrig bevorder
- Uitoefen en kontrole oor alle skoolaktiwiteite
- Assessering en evaluering van die skoolstelsel binne die Suid-Afrikaanse Skolewet
- Personeelindeling en -inskakeling
- Personeelopleiding en ontwikkeling
- Dissipline
- Buitekurrikulêre beplanning (Sport en Kultuur)
Die dagbestuur van die skool is as volg saamgestel: