FINANSIES (SKOOLGELDE)

FINANSIES


SKOOLGELD EN NASKOOLGELD 2024

SKOOLGELD

Skoolgeld word, by wyse van stemming, vasgestel tydens ‘n jaarlikse Ouervergadering wat ingevolge Artikel 38(2) van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 vereis word. Ouers wat die vergadering bywoon, vorm 'n kworum.


Tydens die Ouervergadering, gehou op 2 November 2023, is bepaal dat Laerskool Tygerpoort ‘n skoolgeld betalende skool is, wat teweegbring dat skoolgeld maandeliks gehef sal word en deur beide ouers vooruit betaalbaar is (volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996).


Betaling van skoolgeld moet in 11 paaiemente, maandeliks voor die 7de van elke maand geskied. Januarie se betaling gedurende die eerste week van skool en die laaste betaling dan teen 7 November.


Die skoolgeld word deur die Beheerliggaam en in besonder deur 'n finansiële komitee beheer. Die finansiële state word jaarliks deur 'n ouditeursfirma geoudit en verslae word aan die onderwysowerheid voorgelê. Verslae is ook ter insae vir die ouers by die skool beskikbaar.


Skoolgelde word onder andere aangewend vir:

 

  • die aankoop van leersteunmateriaal
  • die instandhouding en ontwikkeling van fasiliteite, bv. die bou van nuwe klaskamers
  • die bedryfsuitgawes van die skool
  • die verskaffing en instandhouding van sport- en kultuurgeriewe
  • die terreinverbetering, verfraaiing en instandhouding van geboue en terreine

 

NEEM KENNIS:

 

  • ‘n Bevestigingsfooi van R950 per kind (graad RR tot -7) is betaalbaar voor einde Desember 2023 . Die bevestigingsfooi is NIE ’n addisionele fooi nie, dit word van die totale jaarlikse skoolgeld afgetrek en die balans word in 11 paaiemente (Januarie tot November) verdeel.
  • Debietorders sal geaktiveer word vanaf 3 Januarie 2024 tot 3 November 2024. Alle debietorder-betalings sal van die aangehegte vorms of e-pos magtigings geaktiveer word. Indien u debietorder nie Januarie al gemagtig is nie, moet u asb. Januarie 2024 se skoolgeld direk in die skool se rekening inbetaal.

 

Indien u per debietorder wil betaal is dit van uiterste belang dat ons die debietordermagtiging betyds terug ontvang. Die voltooide vorm moet asb. per e-pos aan debiteure@tygies.co.za gestuur word.


Bestaande debietorders word outomaties gelaai vir 2024, stuur e-pos na debiteure@tygies.co.za, indien u wil kanselleer. 

WYSE VAN BETALING

U moet asseblief u kind se familiekode as verwysing gebruik. Betalings kan op die volgende wyse gedoen word: 


  • Debietorder (voorkeur betaalmetode)

 

        Debietordermagtiging (stuur voltooide magtiging terug na debiteure@tygies.co.za)

 

  • d6+ Connect-toepassing 

 

        Skoolgeld en projekte word d.m.v. die “d6 Connect-toepassing” betaal.


  • EFT


        Laerskool Tygerpoort

        FNB Takkode 252045

        Tjekrekening 625 404 377 63

        Verwysing (skoolgeld): Familiekode (wat op die rekening verskyn) + u Van


        Stuur bewys van betaling na mev. Marisa le Roux by skoolgeld@tygies.co.za

 

Kontak mev. Susan van Eeden (debiteure@tygies.co.za) / Marisa le Roux (skoolgeld@tygies.co.za) indien u enige navrae oor u rekening het.

VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

Ouers wat kwalifiseer vir gedeeltelike, volle of voorwaardelike skoolgeldvrystelling (graad 1 tot -7), soos bepaal deur die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996, kan vanaf 25 Januarie 2024 dié vorms by mev.  Susan van Eeden (debiteure@tygies.co.za) kom afhaal vir voltooiing. Ons sal graag die proses wil finaliseer teen 20 Maart 2024.  U samewerking in dié verband sal hoog op prys gestel word.

INVORDERING VAN SKOOLGELD

 

  1. Volgens Artikel 40 van die Suid Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 word BEIDE ouers (wetlik) verplig om skoolgeld te betaal – dit is dus ‘n statutêre uitgawe . Die skool mag regstappe neem ter invordering van uitstaande/agterstallige skoolgeld.
  2. Indien 'n rekening nie maandeliks betaal kan word nie, moet 'n skriftelike reëling met mev. Susan van Eeden

        (debiteure@tygies.co.za) by die debiteure afdeling getref word. Dit is u plig om die skool te nader om die nodige reëlings

        te tref en die skool se databasis te laat aanpas soos u inligting verander .

 

Die debiteure invorderingsproses ter inligting:

 

  1. Rekeninge word maandeliks rondom die 26ste per e-pos aan u gestuur.
  2. Indien u rekening nie betaal is teen die 7e van die maand nie, begin die invorderingsproses.
  3. Indien u rekening 30 dae agterstallig is, sal u deur mev. Susan van Eeden gekontak word.
  4. Indien u rekening 60 dae agterstallig is, sal u 'n aanmaning ontvang. Indien u nie hierop reageer deur 'n betaling te maak of 'n skriftelike reëling te tref nie, sal u die gevaar loop van regsaksie wat negatiewe notering (swartlys) insluit.
  5. In beide gevalle word daar 'n SMS aan u gestuur om u in te lig van die situasie en die brief wat volg.
  6. Indien u nie u reëlings nakom nie, of geensins reageer op die aanmaningsbrief binne die genoemde tyd nie, sal ons sonder verdere kennisgewing voortgaan met die nodige regsaksie wat oorhandiging aan ons invorderaars of direkte dagvaarding vir die uitstaande geld sal insluit.

 

LEERDERS WAT DIE SKOOL VERLAAT (Graad RR-7)

Indien 'n ouer 'n leerder uit die skool wil haal moet hulle  'n e-pos aan mev. Susan van Eeden (debiteure@tygies.co.za) asook  mev. Chriselle Ploos van Amstel (akademie@tygies.co.za) stuur. 

TYGIELAND-SKOOLGELD (Graad RR en -R)

 

  • Die Skolewet is tans slegs op skoolpligtige leerders van toepassing; m.a.w. u kan NIE aansoek doen vir vrystelling vir graad RR en R-leerders nie .
  • Bogenoemde proses sal ook gevolg word vir wanbetalers.
  • Leerders wie se skoolgeld nie betaal is nie, kan hul plek in Tygieland verbeur. 

 

Share by: