TONEEL (gr. 4-7)
Afrigters
Me. Jané van Niekerk (janefswanepoel@gmail.com), me. Danel Verwey en
me. Anél Wood van Werkende Akteursklub (W.A.C.K.) is verantwoordelik vir die afrigting van die toneelgroep.
Mev. Ronél van Zyl tree as skakelpersoon tussen die skool en die dramaskool op.
Doel
Die toneelgroep bied leerders die geleentheid om selfvertroue te bou en hul kreatiwiteit uit te leef. Deur spel en samewerking leer hulle belangrike kommuni-kasie- en sosiale vaardighede. Toneel maak leer pret en bevorder ’n liefde vir die kunste van jongs af.
Oefentye
Donderdae 15:00 - 16:30
Oudisies
Daar vind jaarliks in Februarie oudisies plaas vir alle belangstellende leerders van ons skool.