KRIEKET


Organiseerder

Mnr. Francois Kruger (krieket en minikrieket)

E-pos Mnr. Kruger

Laerskool Tygerpoort beskik oor uitstekende krieketfasiliteite. Daar is ʼn voltydse akademie wat deur mnr. Francois Kruger bestuur word. Ons het twee krieketvelde en ses oefennette. Ons beskik oor kwaliteit afrigters.


Ons leerders geniet blootstelling en geleenthede op alle vlakke en daar vind  jaarliks toere plaas. Die skool neem ook deel aan die aandreeks. Verder moedig ons spelers aan om betrokke te raak by klubkrieket.


Vanaf 2025 neem Laerskool Tygerpoort ook deel aan die A1-Titans skoleliga, ’n sterk en mededingende kompetisie, wat van die beste laerskole in die streek betrek.

KRIEKETAKADEMIE

Sportklere

Spelers speel met die skool se kriekethemp, 'n wit langbroek (word self aangekoop) en die skool se swart 'baggy cap'. Die o/13A-span speel met 'n swart en rooi paneel 'baggy cap'. Dit is in die klerewinkel beskikbaar.