NASKOOL
(Graad RR - R)
Die naskoolsentrum word deur die Tygieland-bestuurshoof in samewerking met mev. Corli Kirton en die Tygieland-personeel bestuur. Ons het tans 82 voltydse inskrywings.
Ons bied ook ‘n vakansieprogram gedurende vakansies van Maart/April, Junie/Julie en Oktober aan. Hierdie program word gratis aangebied vir leerders wat by die naskool geregistreer is. Leerders van Tygieland wat nie by die naskool geregistreer is nie, mag ook die vakansieprogram bywoon teen R165 per dag.
Dagprogram
- Leerders bly met vertrektyd by hul klasjuffrou in die klas.
- Register word vanaf 13:30 geneem.
| 13:15 - 13:30 | Middagete (die naskoolleerders eet in hulle onderskeie klasse) |
|---|---|
| 13:45 - 14:45 | Rustyd: Die leerders lê op matrassies en luister na stories of musiek (verpligtend) |
| 14:45 - 17:00 | Vryspel buite |
| 16:50 | Opruimtyd |
| 17:30 | Naskool sluit |
Naskooltye
- Die naskoolsentrum sal van Maandag tot Vrydag, tydens amptelike skoolkwartale soos bepaal vanaf 13:15 tot 17:30 oop wees.
- Daar sal ‘n boete van R150 per dag gehef word vir ouers wat hulle kinders laat kom afhaal.
- Die sentrum sal nie publieke- en skoolvakansiedae oop wees nie.
Vir enige navrae kontak die volgende persone:









