SENIORKOOR

SENIORKOOR


Afrigters

Mnr. Ruan Odendaal (dirigent) en mev. Wynanda Hibbert (organiseerder)

Die spogkoor bestaan uit ongeveer 80 lede, vanaf graad 4 tot -7. Die koor vermaak talle gehore met hul luisterryke akkoorde tydens koorfeeste en kompetisies.

Doel

Om 'n liefde vir musiek by die leerders te kweek, om deur dissipline 'n hoë standaard te handhaaf en sodoende die skool se beeld te bevorder.

Oefentye

Maandae: 16:30- 18:00 en Woensdae: 14:00 - 15:00

Oudisies

Vind plaas aan die einde van elke jaar om sodoende te verseker dat oefeninge reeds die eerste week van die jaar in aanvang kan neem.

Koordrag

Amptelike koordrag word deur die skool verskaf. Koorlede betaal slegs 'n minimale huurfooi. 'n Wit skoolhemp word self deur elke lid aangekoop. Nuwe koorlede moet ook aan die begin van die jaar ‘n koor T-hemp aankoop. 'n Koorbaadjie is beskikbaar en kan vrywillig aangekoop word.

Jaarprogram

  • Aan die begin van die jaar word 'n ken-mekaar-funksie gehou.
  • Koorkampe en oefennaweke word deur die jaar gehou.
  • Spanbou-aktiwiteite word ook deur die jaar gehou.
  • Kersprogram
  • Koorfeeste
Share by: