ATLETIEK
Organiseerder
By Tygerpoort glo ons dat elke leerder die geleentheid moet hê om hul volle potensiaal te bereik – nie net in die klaskamer nie, maar ook op die sportveld.
Ons visie en missie is om ’n platform te skep vir alle belangstellende atlete om te groei, te ontwikkel en uit te blink. Onder leiding van gekwalifiseerde afrigters en met toegang tot spesialisdienste binne die skool, word ons atlete professioneel en met passie afgerig.
Ons bied die volgende items aan:
- Naellope (60 m – 200 m)
 - Langafstande (600 m - 1500 m)
 - Aflos
 - Hekkies (70 m – 200 m)
 - Verspring
 - Hoogspring
 - Gewigstoot
 - Spiesgooi
 - Diskus
 
Deelname & oefentye
Ons neem aktief deel aan atletiekbyeenkomste in die 1ste en 4de kwartaal. Oefentye vir alle items word gereeld via die Tygienuus gekommunikeer. Leerders van graad 1 tot 7 neem deel aan deurlopende oefensessies regdeur die jaar.
Prestasies
Ons is trots op ons atlete wat jaarliks kwalifiseer vir deelname aan die Distriks-, Gauteng- en SA-kampioenskappe. Met harde werk, toewyding en spanwerk spog ons atletiekspan met die titel van huidige Top 8-Prestige Kampioene!







