NASKOOL
(Graad 1 - 7)
Met aankoms by die naskool kry leerders ‘n gesonde ete en later weer verversings. Die naskool is ‘n veilige omgewing waar daar hard aan huiswerk gewerk en daarna baie lekker gespeel word. Die personeel het baie goeie ondervinding. U kind is in baie goeie hande by dié naskool.
Ons is tans 117 voltydse inskrywings en 12 dagbesoekers. Dagbesoekers ontvang ‘n rekening vir die maand se bywoning.
Daar is twee aparte speelareas. Juniors en seniors word geskei gedurende buitespel.
Ons bied ook ‘n vakansieprogram aan gedurende vakansies. Gedurende die vakansieprogram word leerders besig gehou met eksprimente, kunsaktiwiteite, bak-en- brou, instappies en vele meer Ons hou selfs sandkasteelkompetisies.
Tygies-naskool is lekker!
Naskoolpersoneel
- Me. Riana Smal (Toesig en huiswerk: Graad 1)
- Me. Suzanne Breedt (Toesig en huiswerk: Graad 2)
- Me. Wilme van Niekerk (Toesig en huiswerk: Graad 3)
- Me. Twanette Bronkhorst / me. Maxine Genis (Toesig en huiswerk: Graad 4-7)
- Me. Antionettte Bronkhorst (Hulp-assistent)
- Me. Bonita Majiet (Assistent)
- Me. Lea Tyesi (Runner)
Dagprogram
13:45 - 13:55 | Register word geneem (gr. 1-3) |
---|---|
13:55 - 14:10 | Middagete en register word geneem vir gr. 4-7 |
14:15 - 15:30 | Huiswerk |
15:30 - 17:30 | Buitespel / binnespel en opruimtyd |
17:00 - 17:30 | Storietyd en Binnespel (In K5) |
Naskooltye
- Die Tygie-naskoolsentrum sal van Maandag tot Vrydag, tydens amptelike skoolkwartale soos bepaal deur die GDO,
vanaf 13:45 tot 17:30 oop wees. - Daar sal ‘n boete van R150 per dag gehef word vir ouers wat hulle kinders laat kom afhaal.
- Die sentrum sal nie publieke- en skoolvakansiedae oop wees nie.
Vir enige navrae kontak die volgende persone: