RUGBY


Organiseerders

Rugby

Mnr. M. Smit

E-pos Mnr. Smit

Bulletjierugby

Mnr. Nathan Hand

E-pos Mnr. Hand

Mnr. Jaco Pansegrouw (ouerverteenwoordiger)

E-pos Mnr. Pansegrouw

Hierdie gewilde sport is meer as net ’n spel – dit is deel van ons kultuur, ons trots en ons spangees. Van die eerste fluitjie in die o.9-span tot die opwindende wedstryde van ons o.13’s, leer elke speler belangrike waardes soos dissipline, respek, samewerking en deursettingsvermoë.


Ons afrigters is passievol en ervare, en fokus op die ontwikkeling van elke kind se vaardighede én liefde vir die spel. Tygerpoort spog met uitstekende prestasies in die Makro-rugbyliga. Ons prestasies in die Marko-liga is as volg:

  • 2023: 2de plek as skool
  • 2024: 3de plek as skool
  • 2025: Makro-ligawenners as skool in geheel


Ons o.13A-span neem ook deel aan die Wildeklawer-toernooi in Kimberley en presteer baie goed daar. Ons het die afgelope   

3 jaar ongeveer 20 seuns gehad wat hulle Blou Bul-kleure ontvang het. Ons bied ook 7’s rugby aan en wen al 2 jaar agtereen-volgend die Zwartkloof 7’s toernooi.


Die gees op die pawiljoen is altyd elektries – ouers, onderwysers en leerders ondersteun ons spanne met groot entoesiasme. By Tygerpoort gaan dit oor meer as net wen; dit gaan oor groei, spanwerk en die trots om ’n ware Tygie te wees!

''Great teams are not just built on talent – they’re built on trust, respect, and a shared heartbeat."

Doel

Om seuns bewus te maak van die belangrikheid van sportmanskap, om as 'n span te funksioneer, 'n liefde vir rugby te kweek en om rugbyvaardighede te verbeter.

Oefentye

Sien nuusbrief weekliks.

Rugbyklere

Die skool is bevoorreg om aan die spelers rugbytruie te voorsien vir wedstryde. Elke speler moet 'n swart rugbybroekie hê. (Te koop by die klerewinkel)