Dit het alles begin met 'n klein plaasskooltjie, ver buite die stad. Meer as 'n 100 jaar later, het hierdie klein plaasskooltjie groot geraak en is ons lankal nie meer ver buite die stad nie, maar wel 'n uitnemende laerskool, steeds met 'n plaasgevoel, in die ooste van Pretoria. Hier kom ons kinders nog kaalvoet skool toe, leef naby die natuur op ons pragtige terrein, maar vorm deel van alle geleenthede wat 'n toonaangewende skool soos Laerskool Tygerpoort bied. Hier presteer leerders nie net op akademiese gebied nie, maar net so goed op die sport- en kultuurvelde.
Die skool bestaan vandag uit nagenoeg 1300 leerders en 'n onderwyserskorps van 92. Ons staan onder die bekwame en passievolle leierskap van mnr. N.J. Coetzee en sy Skoolbestuurspan. Verder word ons bygestaan deur 'n betrokke, ervare en bekwame Ouerbeheerliggaam. Wees verseker dat Laerskool Tygerpoort in die volgende 100 jaar sal aanhou voortbou op ons sterk fondamente wat ons deur die eerste 100 jaar gedra en gebou het.
Maandag tot Donderdag:
Vrydag:
Skooltye bly somer en winter onveranderd.
Copyright © 2024 Digital Zoo Website Design Company - All Rights Reserved
Domain Registration
|
Email Address
|
Website Design
|
Graphic Design
|
Social Media Management
|
Search Engine Optimization
|
Online Marketing
|
Web App Developer