Skoolgeld word, by wyse van stemming, vasgestel tydens ‘n jaarlikse Ouervergadering wat ingevolge Artikel 38(2) van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 vereis word. Ouers wat die vergadering bywoon, vorm 'n kworum.
Tydens die Ouervergadering, gehou op 2 November 2023, is bepaal dat Laerskool Tygerpoort ‘n skoolgeld betalende skool is, wat teweegbring dat skoolgeld maandeliks gehef sal word en deur beide ouers vooruit betaalbaar is (volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996).
Betaling van skoolgeld moet in 11 paaiemente, maandeliks voor die 7de van elke maand geskied. Januarie se betaling gedurende die eerste week van skool en die laaste betaling dan teen 7 November.
Die skoolgeld word deur die Beheerliggaam en in besonder deur 'n finansiële komitee beheer. Die finansiële state word jaarliks deur 'n ouditeursfirma geoudit en verslae word aan die onderwysowerheid voorgelê. Verslae is ook ter insae vir die ouers by die skool beskikbaar.
Skoolgelde word onder andere aangewend vir:
NEEM KENNIS:
Indien u per debietorder wil betaal is dit van uiterste belang dat ons die debietordermagtiging betyds terug ontvang. Die voltooide vorm moet asb. per e-pos aan debiteure@tygies.co.za gestuur word.
Bestaande debietorders word outomaties gelaai vir 2024, stuur e-pos na debiteure@tygies.co.za, indien u wil kanselleer.
U moet asseblief u kind se familiekode as verwysing gebruik. Betalings kan op die volgende wyse gedoen word:
Debietordermagtiging (stuur voltooide magtiging terug na debiteure@tygies.co.za)
Skoolgeld en projekte word d.m.v. die “d6 Connect-toepassing” betaal.
Laerskool Tygerpoort
FNB Takkode 252045
Tjekrekening 625 404 377 63
Verwysing (skoolgeld): Familiekode (wat op die rekening verskyn) + u Van
Stuur bewys van betaling na mev. Marisa le Roux by skoolgeld@tygies.co.za.
Kontak mev. Susan van Eeden (debiteure@tygies.co.za) / Marisa le Roux (skoolgeld@tygies.co.za) indien u enige navrae oor u rekening het.
Ouers wat kwalifiseer vir gedeeltelike, volle of voorwaardelike skoolgeldvrystelling (graad 1 tot -7), soos bepaal deur die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996, kan vanaf 25 Januarie 2024 dié vorms by mev. Susan van Eeden (debiteure@tygies.co.za) kom afhaal vir voltooiing. Ons sal graag die proses wil finaliseer teen 20 Maart 2024. U samewerking in dié verband sal hoog op prys gestel word.
(debiteure@tygies.co.za) by die debiteure afdeling getref word. Dit is u plig om die skool te nader om die nodige reëlings
te tref en die skool se databasis te laat aanpas soos u inligting verander .
Die debiteure invorderingsproses ter inligting:
Indien 'n ouer 'n leerder uit die skool wil haal moet hulle 'n e-pos aan mev. Susan van Eeden (debiteure@tygies.co.za) asook mev. Chriselle Ploos van Amstel (akademie@tygies.co.za) stuur.
Copyright © 2024 Digital Zoo Website Design Company - All Rights Reserved
Domain Registration
|
Email Address
|
Website Design
|
Graphic Design
|
Social Media Management
|
Search Engine Optimization
|
Online Marketing
|
Web App Developer