
LAERSKOOL TYGERPOORT
'n Skool vir Ware Wenners
Dit het alles begin met 'n klein plaasskooltjie, ver buite die stad. Meer as 'n 110 jaar later, het hierdie klein plaasskooltjie groot geraak. Ons is lankal nie meer ver buite die stad nie, maar wel 'n uitnemende laerskool, steeds met 'n plaasgevoel, in die ooste van Pretoria. Hier kom ons kinders nog kaalvoet skool toe, leef naby die natuur op ons pragtige terrein, maar vorm deel van alle geleenthede wat 'n toonaangewende skool soos Laerskool Tygerpoort bied. Hier presteer leerders nie net op akademiese gebied nie, maar net so goed op die sport- en kultuurgebied.
Ons het regtig klein klasse in vergelyking met ons buurskole – gemiddeld slegs 25 leerders per klas. Ons bekwame personeelskorps van 120 dra daartoe by dat elke leerder gesien, verstaan en begelei word. As waardegedrewe skool plaas ons ook ‘n sterk klem op die verborge kurrikulum – die lewenslesse, waardes en karaktervorming wat buite handboeke en toetse oorgedra word.
Die skool bestaan vandag uit nagenoeg 1300 leerders, wat ons steeds een van die klein skole in die makro-liga maak. Ons staan onder die bekwame en passievolle leierskap van mnr. Nico Coetzee en sy skoolbestuurspan. Verder word ons bygestaan deur 'n betrokke, ervare en kundige ouerbeheerliggaam.
Wees verseker dat Laerskool Tygerpoort in die volgende 100 jaar sal aanhou voortbou op ons sterk fondamente wat ons deur die eerste 100 jaar gedra en gebou het.

Virtuele Skooltoer
TYGERPOORT
Onderwys Trust
Die voorsiening van Afrikaanse, Christelike onderwys te ondersteun
Om ondersteuningsdienste te verskaf met die oog op bevordering van gehalte onderrig in Afrikaans.
Om kuns, kultuur en sport aan Afrikaanse skole te bevorder.
Fondse te genereer ter ondersteuning en uitbouing van gehalte Afrikaanse onderrig.





