TRUST

Bevorder Afrikaanse, Christelike Onderwys deur ondersteuningsdienste en fondse te genereer.

RAAK BETROKKE

ONDERSTEUN

BEVORDER

UITBOU

TYGERPOORT ONDERWYS TRUST


Doelwitte van die Tygerpoort Onderwys Trust

  • Om die skool en gemeenskap van Laerskool Tygerpoort in die voorsiening van Afrikaanse, Christelike onderwys te ondersteun, finansieel en andersins, op soveel terreine moontlik.
  • Om ondersteuningsdienste te verskaf aan Laerskool Tygerpoort en die skoolgemeenskap met die oog op die bevordering van gehalte-onderrig in Afrikaans.
  • Om kuns, kultuur en sport aan Afrikaanse skole te bevorder.
  • Om fondse te genereer wat aan leerlinge / onderwys-studente beskikbaar gestel sal word ter ondersteuning en uitbouing van gehalte Afrikaanse onderrig met Christelike waardes as grondslag.
  • Om ‘n fonds daar te stel met die uitsluitlike doel om skenkings te ontvang en te gebruik vir:

  • Opvoedkundige doeleindes - primêr tot voordeel van Afrikaanse leerders aan Laerskool Tygerpoort / skoolgemeenskap van Tygerpoort;
  • Bevordering van gehalte-onderwys aan Afrikaanse opvoedkundige instellings in Suid-Afrika;
  • Voorsiening van opvoedkundige fasiliteite en geleenthede tot voordeel van Afrikaanse leerders en onderwysers aan Laerskool Tygerpoort en
  • Bevordering van kuns, kultuur en alle sportsoorte van Laerskool Tygerpoort.
RAAK BETROKKE

Ons Uitdagings

Druk op Afrikaanse skole om te verengels neem geweldig toe. Slegs 1162 van die ongeveer 25 000 skole in die land is nog Afrikaanse enkelmediumskole. Hofuitsprake en wetswysigings oor taal en toelatings, maak dit al hoe moeiliker om op wetgewing staat te maak vir die voortbestaan van Afrikaanse skole.

Kapitaalverbeterings ter wille van gehalte-onderrig, bv. die aanbou van klaskamers en ontwikkeling van sportgeriewe, is volledig afhanklik van privaat finansiering. 

Daar rus ‘n wetlike verpligting op skole om leerders wat dit nie kan bekostig nie, kwyt te skeld van betaling van skoolgeld. Afrikaanse skole verloor gemiddeld 26% van hulle begrote inkomste a.g.v. kwytskeldings - en kry minder as 3% terug van die staat.

Hoe kan jy ons help?

Die Afrikaanse gemeenskap besef die waarde van onderwys vir ons kinders. Om standaarde te behou en vir toekomstige geslagte uit te bou, is dit nodig dat skoolgemeenskappe op ‘n nuwe manier voortbou op die tradisie van betrokkenheid, roeping en vrygewigheid.


As ons praat van die toekoms van Afrikaanse skole, praat ons van ‘n toekoms wat deur die Afrikaanse gemeenskap SELF uitgekerf moet word.


Ons het u hulp nodig!

Skenk Aanlyn 

Met die druk van ‘n knoppie kan u ‘n skenking maak

SKENK AANLYN

Ondersteun die Fonds 

‘n Belastingsertifikaat sal aan u uitgereik word.

KONTAK ONS

Borg ‘n Leerder 

Vir meer inligting, kontak ons gerus 

KONTAK ONS

Vorige Projekte


Wees My Hero

Laerskool Tygerpoort is trots om elke jaar ‘n spoggeleentheid aan te bied - die Wees My Hero Funksie - waartydens fondse ingesamel word vir die Trust.


Elke jaar is daar ‘n gaskunstenaar wat vir vermaak sorg, en ‘n veiling verseker dat ons fondse genereer. Dit is beslis ‘n hoogtepunt op ons kalender.

Sultans of Swing Gholfdag 

Tygerpoort Onderwys Trust is bevoorreg om saam met Sultans of Swing hande te vat en ‘n unieke gholfdag te kan hou.


In 2021 is ons eerste gholfdag te Silverlakes gehou en ‘n dit was 'n groot sukses.


Op 20 Oktober 2022 is ons tweede suksesvolle gholfdag gehou. Ons poog om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.


‘n Veiling verseker dat ons die dag op ‘n hoë noot afsluit.

Kaskar

Laerskool Tygerpoort het 'n eie pretdag, waartydens leerders en die gemeenskap saamspan om fondse in te samel. Elke graad het ‘n tema waarvolgens hulle op hierdie dag aantrek en dan ook beoordeel word. Na afloop van die optogte word daar KASKARRESIES in klasverband gehou. Dit is elke jaar ‘n reuse sukses en ‘n geleentheid waarna elke leerder uitsien! 

  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button

Meer oor Tygerpoort Onderwys Trust

Die Tygerpoort Onderwys Trust se visie is om R10 miljoen met skenkings en/of langtermynlenings gevestig te hê, waarvan die opbrengs ‘n noemenswaardige bydrae kan lewer om Afrikaanse onderwys in Tygerpoort se voortbestaan en nalatenskap te verseker en uit te bou, deur onder andere:

 

  • die verkryging en behoud van gehalte-onderwysers;
  • die instandhouding en verbetering van fasiliteite op sport, akademiese en kulturele gebied.

 

Tweedens wil die Trust die skool bemagtig om sy voedingsprogram by die minder gegoede deel van ons gemeenskap voort te sit en om ander verdienstelike gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

RAAK BETROKKE
Share by: